11 "Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12 'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13 Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14 "Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15 net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16 Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17 "Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.

Johannas 10v7 "Toe het Jesus verder gesê: "Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape."

Johannes 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Dit is Hy wat julle ook end-uit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie.9 God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.

Liefde - Die Allerbeste (SD)

12345678910 ... 1112