Mattheus 3vs16-17 Nadat Johannes vir Jesus gedoop het, het Jesus dadelik opgestaan uit die water. Toe gaan die hemel oop, en Johannes sien die Gees van God kom af na Jesus toe soos ’n duif uit die lug afkom. Jesus het ook gehoor Iemand sê uit die hemel: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.
Mattheus 3vs11 Ek doop julle met water om te wys julle wil lewe soos God wil hê. Maar later sal daar Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale vir Hom te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Matthéüs 3vs1-4 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
Die gehoorsaamheid en geloof van die lewe van Josef, Maria se man.
Kolossense 1vs22-23 Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.
Matthéüs 2vs1-2 Ná Jesus se geboorte het daar sterrekykers in Jerusalem aangekom. Hulle het vir die mense gevra: “Waar is die Kind wat gebore is en wat koning van die Jode sal word? Ons het sy ster gesien opkom en ons het gekom om voor Hom te kniel en Hom te aanbid.”
Matthéüs 1vs23 "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons."
Matthéüs 1vs1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham.
Galasiërs 3vs1-7 Julle Galasiërs, is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as 't ware aan die kruis kon sien hang!
2 Cor 7v8-10 8Want, al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir 'n kort tydjie, julle bedroef gemaak het. 9Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.