Sketse van nederigheid

Filippense 2vs12-13 Daarom, liewe vriende, moet julle doen wat ek vir julle vra. Julle het altyd gedoen wat ek vir julle gevra het toe ek by julle was. Maar nou is ek nie meer by julle nie. Daarom moet julle nou nog méér gehoorsaam wees. Julle moenie hoogmoedig wees voor God nie, julle moet Hom respekteer en dien. God wil julle red, en daarvoor moet julle aanhou werk, want dit is God wat in julle harte werk en wat julle lus maak om die dinge te doen wat Hy graag wil hê. Ja, Hy laat julle doen wat Hy wil hê.

Filippense 2vs4-6 Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink. Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het: Hy was dieselfde soos God, maar Hy het nie gedink dat Hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie.

Filippense 2vs3-4 Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself.