
Hebreërs Reeks1
Hebreërs 4vs14-15 Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
Hebreërs 2vs17-18 Daarom moes Hy in alles word soos sy broers, sodat Hy goed kan wees vir hulle en ’n Hoëpriester kan wees wat sy werk goed doen. Sy werk is om te doen wat God wil hê en om die sondes van die volk te versoen. Jesus het self baie swaar gekry, en die duiwel het probeer om Hom te verlei, daarom kan Hy mense help wanneer die duiwel hulle ook wil verlei.