Die evangelie volgens Matthéüs

Matthéüs 5:28 "Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n ander vrou kyk en lus kry om by haar te slaap, het klaar in sy hart sonde gedoen en egbreuk gepleeg..."

Matthéüs 5:7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Matthéüs 5:5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

Matthéüs 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Matthéüs 5:4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

Matthéüs 5:3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”

Matthéüs 4:21-22 Jesus het hulle geroep om saam met Hom te kom. Hulle het dadelik die boot en hulle pa daar gelos en hulle het saam met Jesus gegaan.

Matthéüs 4:6-10 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. ” Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

Mattheus 3vs16-17 Nadat Johannes vir Jesus gedoop het, het Jesus dadelik opgestaan uit die water. Toe gaan die hemel oop, en Johannes sien die Gees van God kom af na Jesus toe soos ’n duif uit die lug afkom. Jesus het ook gehoor Iemand sê uit die hemel: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.

Matthéüs 3vs1-4 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.

123