Die Heerlikheid van die Here in God se stem

Die Westminister’s Katergisme haal aan dat die hoofdoel van die mens is om God te verheerlik en om hom in God te verlustig. Volgens John Piper word God die meeste verheerlik in ons, as ons ten vollle vervuld is in Hom.

DIE HEERLIKHEID VAN DIE HERE IN GOD SE STEM

Inleiding:

Die Westminister’s Katergisme haal aan dat die hoofdoel van die mens is om God te verheerlik en om hom in God te verlustig.
Volgens John Piper word God die meeste verheerlik in ons, as ons ten vollle vervuld is in Hom.

Deel van God se natuur is dat Hy verheerlik is, Hy is in ‘n verheerlikte toestand in sy voorkoms, Hy skyn soos helder lig, ‘n lig meer helder as die glans van die son. Die Bybel het menigte aanhalings oor sy heerlikheid en sy glorie.

Glorie-Sprankel en helderheid.
Paulus vertel dat God deel sy heerlikheid met niemand, geen vlees sal roem in sy teenwoordigheid nie.
Eendag sal Jesus weer in heerlikheid aan almal verskyn, en ons sal ook in heerlikheid met hom opgeneem word.

Een van die groot besprekingspunte in kerke is die heerlikheid van die Here. Sekere charismatiese vanatikuste reis regoor die wereld om die heerlikheid van God na te jaag. Baie kom terug met ‘n getuienis van een of ander manifestasie, ervaring, gevoel, ‘n mond vol goue tande, goue stof, wat hulle beleef het.

Veral in herlewings word God se glorie/heerlikheid op ‘n nuwe en kragtige manier ervaar.

Die vraag is hoe kry ons meer van God se heerlikheid en glorie?
Is God se heerlikheid meer vir hom om te geniet, of meer vir ons?
Is God se heerlikheid beperk tot ervarings en gevoelens of reik dit dieper en verder?

Alles goeie vrae om oor te gaan dink.

Kom ons lees saam in die boek van Esegiel.

Ezek 10:1 Daarna het ek gekyk-en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
2 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.

Ezek. 10:3 En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.
4 Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.
5 En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.  

Kom ons lees saam met dit die volgende:

Ezek. 43:1   1 Toe het hy my gelei na die poort, die poort wat na die ooste kyk.
2 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van sy heerlikheid.
3 En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.
4 En die heerlikheid van die HERE het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.
5 En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis vervul.    

Rev. 1:12    12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam,
15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.    

Verstaan u? Moet nie bekommerd wees nie, ek dink dit was vir Esegiel ook moeilik. Hy sukkel om te verduidelik presies wat hy gesien en ervaar het, want dit was totaal en al oorweldigend.

In Esegiel 10 het ons die tragiese verhaal van hoe die heerlikheid van God die tempel verlaat.
In Esegiel 43 sien ons weer hoe die heerlikheid van God die tempel vul.

Kom ons kyk na wat is die gemen faktore:
Die heerlikheid van die Here word gesien daar waar die stem van die Here gehoor word. Waar die stem van die Here gehoor word, daar word die heerlikheid van die Here gesien.

Nog ‘n paar voorbeelde:
Abraham en die ram in die doringbos (Gen 22),
Moses en die brandende bos (Ex 3);
Moses op die berg Sinai (Ex 33);
Jesaja wat die Here sien op sy troon (Is 6),
Die stem uit die hemel toe Jesus gedoop word in die Heilige Gees,
Die stem uit die hemel op die berg van verheerliking (Matt 17);
Saulus op die pad na Damaskus (Hand 9).

Waar die stem van die Here gehoor word, daar is die heerlikheid van die Here.

Hoekom is dit belangrik vir ons om die heerlikheid/stem van God na te jaag?

•    Dit openbaar vir Jesus as die Christus.
John 1:14 14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon-en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom-vol van genade en waarheid

•    Die kerk moet die heerlikheid van die Here aan die wereld vertoon.
Ef 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

Die heerlikheid van die Here bedek ons naaktheid soos Adam en Eva in die tuin van Eden.

•    Die heerlikheid van God bevestig die waarheid van God.
2 Pet 1:16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;
17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
18 En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;

•    Die Woord rus ons toe vir ons dienswerk.
2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

•    Ons groei deur die Woord.
1 Pet 2:2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.

•    Die Woord vernuwe ons denke.
Rom 12:1-2
    Voorbeeld van IT as hulle die programme regmaak.

•    Die Woord bou ons geloof.
Rom 10:17 Geloof kom deur die prekiking wat ons hoor, en die prediking kom deur die Woord.

Hoekom is dit moeilik vir ons om die stem en heerlikheid van God te sien?

•    Die invloed van filosofie in ons tyd.
Rene Descartes- die metode van maksimum twyfel.
“I think therefore I am- “cognito, ergo sum”
Immanuel Kant- “have the courage to use your own reason.’
Nie geglo dat God openbaring aan ons kan bring nie.
Blaise Pascal- the supreme achievement of reason is to see that there is a limit to reason.

Ons is skepties en betwyfel God se Woord.

•    Jesaja 66:2 Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.

Ons is trots, ons dink ons weet beter.

•    Ons wil die Woord intellektueel benader, maar dit is ‘n boek om te lees met geestelike onderskeiding.
•    Ons verkies eksterne geregtigheid bo interne geregtigheid.
Ons is nog almal Fariseers wat genees word.
Die kruts van die Koninkryk is ‘n lewe wat van binne na buite gaan.

Die vier stappe van openbaring:
1.    Openbaring
2.    Konfrontasie
3.    Transformasie
4.    Manifestasie

Verdrukking en vervolging kom ter wille van die Woord.

Hoe sal dit gebeur in God se wil?

•    Jakobus 1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
23 Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien;
24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

As ons na die woord kom, ondersoek ons nie die Woord, nie maar ons word ondersoek.

Ons kyk in die spieelbeeld van Jesus, ons vergelyk ons beeld met Sy perfekte beeld.

•    Ons beroep ons op die hulp van die Heilige Gees.
o    Hy sal ons leer;
o    Lei ons in alle waarheid;
o    Hy verheerlik vir Jesus.

•    Le af die ou mens, beklee julle met die nuwe mens.
Ef 4:20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie,
21 as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:
22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Glo dat hy jou gedagtes elke dag sal vernuwe.
Die voorbeeld van geestelike dissipline.
1.    Skep net die regte omstandigheid vir God om ons aan te raak.
2.    Slegs Hy kan ons harte vernuwe.


Hoe sal ons lewens verander as ons dit toepas?

Markus 4:20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is-hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

John 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

Opsomming:

Psa. 73:     23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.